Jaarprogram 2019
-
12 Januarie 2019 - Sportskiet: Handwapens, haelgewere, .22 kompetisie, jaggewere tot 100m
- 24 - 31 Januarie 2019 - Verslae lê ter insae by die BWAV kantoor.
- 1 Februarie 2019 - Algemene Jaarvergadering om 18:30 te Panorama Gastehuis, Naboomspruit.
- 2 Februarie 2019 - Sportskiet: Handwapens, haelgewere, .22 kompetisie, jaggewere tot 100m
- Versamelaars aktiwiteit: Versamelaars bring gewere
- 9 Maart 2019 - BOSVELDSKIET: Kompetisieskiet met jaggewere (12 Rondtes).
- 6 April 2019 - Jakkals skiet: Meer inligting sal volg.
- Kremetart Versamelstuk Skietdag
- 11 Mei 2019 - Veldskiet: Hindernisbaan met baie uitdagings en obstruksies - meer inligting sal volg.
- 8 Junie 2019 - Sportskiet: Handwapens, haelgewere, .22 kompetisie, jaggewere tot 100m.
- Versamelaars aktiwiteit: Versamelaars bring handwapens
- Versamelaars aktiwiteit: Versamelaars bring handwapens
- 28 Julie 2019 - Sportskiet: Handwapens, haelgewere, .22 kompetisie, jaggewere tot 100m.
- 17 Augustus 2019 - VLAKTESKIET: Kompetisie met jaggewere (12 Rondtes).
- Versamelaars aktiwiteit: Versamelaars bring haelgewere
- 14 September 2019 - PRESTIGE SKIET: Kompetisie skiet met jaggewere (15 Rondtes).
- 19 Oktober 2019 - SPANSKIET: Vier skuts per span – skryf eie span in (9 Rondtes per skut) - Braai na die skiet.
- 9 November 2019 - Sportskiet: Handwapens, haelgewere, .22 kompetisie, jaggewere tot 100m
- Versamelaars aktiwiteit: Versamelaars se afsluiting.
BELANGRIK:
Alle skiet aktiwiteite vind plaas te MASADA SKIETBAAN, tussen 08:00 en 14:00. 'n Baanfooi van R30.00 is betaalbaar by die ingang. Maak seker dat die skietregister ingevul en geteken word asb. Tydens kompetisies mag net met jaggewere, en nie met skyfskietgewere, geskiet word nie.
VERSAMELAARS AKTIWITEITE is van 10:00 tot 11:00 by Masada skietbaan se lapa. Bring versamelstuk/ke wat vir die dag geskeduleer is en kom wys en vertel. Versamelaars kan op Sportskiet dae, met versamelstukke skiet.
-
VELDSKIET: Hindernisbaan met baie uitdagings en obstruksies. Kom toets jul skietvernuf met 'n opregte bosveld ervaring. Pretdag vir die hele gesin. Verdere inliging sal deurgegee word.
-
BOSVELDSKIET:150m staan met skietstok, 100m staan met skietstok, 50m skiet uit vuis uit (30 sekondes) en 50m staan uit vuis uit (skiet na brein)
-
VLAKTESKIET: 300m Lê met mikkie, 200m sit by skiettafel, 100m staan vanaf skietstokke, 50m Staan uit vuis (eie tyd – geen minusse).
-
PRESTIGE SKIET: 300m lê by skietpunt, 200m sit by skiettafel, 110m staan uit vuis – skiet na valplate, 100m staan en skiet vanaf skietstokke, 50m staan en skiet uit die vuis binne 30 sekondes